On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Beweerde poging tot moord op plaaswerker deur departement veroordeel

───   ELSABÉ RICHARD 15:05 Tue, 04 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Beweerde poging tot moord op plaaswerker deur departement veroordeel | News Article

Die Departement van Landbou veroordeel die beweerde poging tot moord op 'n Noord-Kaapse plaaswerker.

Calvinia-boer en gewese Boer Soek 'n Vrou-deelnemer Albertus Steenkamp is uit op R5 000 se borgtog nadat hy na bewering ‘n 22-jarige plaaswerker omgery het ná 'n rusie oor vergoeding. 

Die agt maande lange tekort aan teengif om slangbyte te behandel kry eindelik aandag. African Snakebite Institute-uitvoerende hoof Johan Marais sê die tekort hou lewensgevaar in vir mense en diere. Marais sê die maande lange proses om teengif te vervaardig is ingewikkeld en duur.

Suid-Afrikaners sal na verwagting nog minstens vir twee jaar ly onder hoë rentekoerse. Die Universiteit van die Vrystaat se senior landbou-ekonoom Frikkie Maré sê daar is boonop sprake van 'n droogte, wat mense verder kan laat noustrop trek.

Suid-Afrikaners word aangemoedig om tuis hul eie kos te kweek. Minister van Landbou, Thoko Didiza, het KwaZulu-Natal besoek waar sy die belangrikheid van voedselsekerheid beklemtoon het, en om gemeenskappe te help om self-onderhoudend te word.

EN

'n Pampoen van kort duskant 'n ton het die skaal laat kreun op vanjaar se Giant Pumpkin-fees op Mosselbaai. Kampioen-kweker Willem le Grange se wenpampoen het 903 kg geweeg en is net 1,5 kg ligter as sy rekord-pampoen van verlede jaar. Netwerk24 berig dit was ’n Suid-Afrikaanse rekord.

OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.