On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Suid-Afrika se graan- en oliesade oes lyk goed

───   ELSABÉ RICHARD 09:07 Tue, 11 Apr 2023

Suid-Afrika se graan- en oliesade oes lyk goed | News Article
FOTO: Raine Nectar/Pexels.

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het bykomende gerusstellende inligting bekend gemaak dat die wisselvallige weerstoestande aan die begin van die 2022/23-somerproduksieseisoen minimale impak op Suid-Afrika se somergrane en oliesade gehad het.

Volgens die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz) se Wandile Sihlobo, die data wat deur die NOK vrygestel is, plaas Suid-Afrika se 2022/23-somergraan- en oliesadeproduksie op 19,6 miljoen ton, 2% hoër as verlede maand se syfer en 5% hoër as die vorige seisoen.

Hy sê dit is hoofsaaklik te danke aan verwagte hoër opbrengste aangesien die algehele aangeplante oppervlakte vir somergrane en oliesade 4,4 miljoen hektaar is - min of meer onveranderd vanaf die vorige seisoen.

“Die aanhoudende beurtkrag het kommer laat ontstaan dat gebiede onder besproeiing swak opbrengste kan kry.

"Gelukkig het die gunstige reënval, teen 'n matige pas, vanaf middel Februarie 'n broodnodige blaaskans en verbeterde oestoestande gebied."

Sihlobo deel verder dat die NOK se data voldoende versekering bied dat Suid-Afrika voldoende stapelvoedselvoorrade sal hê in die 2023/24-bemarkingsjaar, wat ooreenstem met die 2022/23-produksieseisoen.

“As ons byvoorbeeld die groot oeste soos mielies, sojabone en sonneblomsaad in ag neem, word produksie voorspel op 15,9 miljoen ton (styg 3% jaar-op-jaar), 2,7 miljoen ton (styg 22% jaar-op-jaarj), en onderskeidelik 797 610 ton (6% laer op 'n jaargrondslag).

“Die verwagte verbetering in die mielie-oes is op die agtergrond van beter opbrengste, aangesien die oppervlakte-aanplantings marginaal laer is vanaf die 2021/22-seisoen.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.