On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer oor gebrek aan verblyfsekerheid in nuwe kommunale grond-wetsontwerp

───   ELSABÉ RICHARD 15:35 Wed, 12 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Kommer oor gebrek aan verblyfsekerheid in nuwe kommunale grond-wetsontwerp  | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Kommer is uitgespreek oor die gebrek aan verblyfsekerheid in 'n nuwe wetsontwerp oor kommunale grond.

Die Departement van Landbou stel dit op om die soort grondbesit te reguleer. Die Wetsontwerp op Gemeenskaplike Grondregte sal voorsiening maak vir die registrasie van kommunale grond, gemeenskapsreëls en geskilbeslegtingsmeganismes. Die regering het intussen  onderneem om die gemeenskaplike grond af te staan wat hy in trust hou vir gemeenskappe.

Die Minister van Landbou het met die Sizwe Kupelo-stigting vergader oor ’n petisie om die Amerikaanse veghond as troeteldiere in Suid-Afrika te verbied. Landboudepartement woordvoerder, Reggie Ngcobo sê byna 140 000 mense het dit onderteken. 

Die Pit Bull Federasie van Suid-Afrika se Lehanda Rheeder het voorheen aan OFM Nuus gesê 'n verbod op dié honde is nie noodwendig die oplossing nie. Sy sê eienaars is die probleem.

Bogemiddelde reënval word oor die noord-oostelike dele van die land verwag gedurende laat herfs en vroeë winter. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens WAARsku teen verhoogde risiko van versuip-skade in gebiede met oormatige reën. Die suidwestelike dele van die land sal egter meestal onder-gemiddelde reën kry. Boere word aangeraai om behoorlike wateropname en -berging te beoefen, asook ander toepaslike boerderypraktyke.

EN 

Insekplae kan ongesonde plante op verskeie maniere identifiseer. Die Universiteit van die Vrystaat se Dr Vaughn Swart sê een van die algemeenste meganismes is chemiese tekens wat die plant uitskei. Swart sê ongesonde plante toon gewoonlik tekens van stres.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.