On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boordsanitasie kort aandag, sê FruitFly Africa

───   ELSABÉ RICHARD 14:58 Fri, 14 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Boordsanitasie kort aandag, sê FruitFly Africa  | News Article
FOTO: Henri Guérin/Pexels.

FruitFly Africa sê boordsanitasie kort aandag in vrugte- en wynproduksiegebiede soos die Hexriviervallei, Olifantsriviervallei en die Benede-Oranjerivier.

Die organisasie  sê die bedryf het ‘n mandaat en verpligting om alle pes- en pesverwante risiko’s te identifiseer en te neutraliseer.

Agri SA se Andrea Campher sê dele van Suid-Afrika wat reeds onder erge droogte gebuk gaan, sal swaarder geraak word deur die verwagte El Niño-verskynsel.

Die Departement van Water en Sanitasie stel ondersoek in, ná 'n onlangse voorval van visvrektes in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle werk saam met die Sefako Makgatho-universiteit vir gesondheidswetenskappe om monsters van die damwater te ondersoek en te ontleed, om die oorsaak van die vrektes te bepaal.

Die Afrika-Ontwikkelingsbank gaan byna 4 miljoen dollar aan Burundi skenk sodat hy dringend 3-duisend ton kunsmis vir die komende landbouseisoen kan aankoop. Die eerste deel van die seisoen begin reeds in Mei. Burundi kort 145 000 ton kunsmis vir die hele seisoen. Die bank se president, Akinwumi Adesina, sê twee bestaande projekte in sy portefeulje sal hiervoor gebruik word. Hy sê die African Fertiliser Development Financing Mechanism, ’n fonds wat deur die bank bestuur word, kan dalk vir die volgende fases aangewend word.

EN

Die owerheid in die Amerikaanse deelstaat Texas meen masjinerie het moontlik metaangas laat ontplof op 'n melkplaas waar 18 000 koeie gevrek het. Die BBC berig een persoon is ernstig beseer in die ontploffing die afgelope dekade. Tussen 2018 en 2021 het byna 3 miljoen plaasdiere in brande omgekom, met amper 1,8 miljoen hoenders wat in ses groot brande in die genoemde tydperk dood is.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.