On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Plaasveiligheid, veeartsenydienste moet tydens begroting geprioritiseer word

───   ELSABÉ RICHARD 10:35 Tue, 18 Apr 2023

Plaasveiligheid, veeartsenydienste moet tydens begroting geprioritiseer word | News Article
FOTO: LUR Teboho Mokoena/Facebook.

Plaasveiligheid, veediefstal en veeartsenykundige dienste is ván die kwessies wat dringend aandag in die Vrystaatse landbousektor en – gemeenskap verg.

Dit is volgens landbou-organisasie Vrystaat Landbou (VL) se kommersiële bestuurder Dr Jack Armour in afwagting op die provinsiale Departement van Landbou se begroting vir die nuwe finansiële jaar. 

LUR Teboho Mokoena sal na verwagting Dinsdag 18 April die departement se begroting lewer. Mokoena het in Maart die leisels by Thembeni Nxangisa oorgeneem.

LEES OOK: Selfoonsein-verlies weens beurtkrag lei tot toename in misdaad

Oor die kwessie van paaie, veiligheid op plase en onbeskikbaarheid van selfoonseine tydens beurtkrag, sê Armour die departement moet met die verskeie betrokke departemente werk om met oplossings vorendag te kom om hierdie dringende kwessies aan te spreek.

Boere vul self slaggate (Vrystaat Landbou/Facebook).

Die haglike toestand van paaie affekteer veral produsente wanneer produkte vervoer word. Maar dit kan ook gevolge inhou wanneer werkers vervoer word en in ‘n motorongeluk beland. Daarmee saam is die breër publiek se veiligheid ook in gevaar.

LEES OOK: Vrystaatse pad het 1 034 slaggate oor 30km

VL het met Mokoena vergader kort nadat hy aan die departement begin bestuur het om met hom te deel waarmee die provinsie se boere worstel.

“Hy het ons laat weet hy is ‘n politikus, hy weet nie baie van landbou nie en hy soek graag ons insette. Ons het ‘n hele lys goed met hom bespreek waarvan plaasveiligheid, die Lesotho-grensprobleem, Eskom, kragvoorsiening en transformasie. Dis die kwessies wat ons wel met hom bespreek het."

Boere kom bymekaar om kommer uit te spreek oor beurtkrag se uitwerking op besproeiing (Senwes/Facebook).

Begroting van vorige finansiële jaar

Armour sê hulle is van mening dat verlede jaar se begroting wat deur die departement uiteengesit is, nie ten volle benut is nie. 

"Daar word goed voor begroot en dan word dit rondgeskuif. Ons het Tesourie se webblad gekry waar al die projekte waarvoor begroot is wys ... ek weet van [die] departement van paaie se kant was daar baie projekte voor begroot, wat [op die ys geplaas is] of daai gelde is oorgeplaas na ander projekte toe. So, dit gebeur baie," sê Armour.

Die begroting vir die nuwe finansiële jaar word by die Thabo Thokoza Sekondêre Skool op Bethlehem deur LUR Mokoena gelewer.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.