On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou belangrike bydraer tot Vrystaatse ekonomie

───   ELSABÉ RICHARD 14:45 Tue, 18 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Landbou belangrike bydraer tot Vrystaatse ekonomie | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Landbou in die Vrystaat dra amper 10% by tot die provinsie se BBP.

 LUR Teboho Mokoena het vanoggend die landboudepartement se 2023/24-begroting op Bethlehem gelewer. Mokoena sê ondanks uitdagings kon die sektor in 2022 meer as 8 miljoen ton graan produseer. Hy verseker boere die energiekrisis kry aandag.

Die VF Plus sê boere in die Tokologo-omgewing in die Vrystaat, betaal sedert verlede jaar tot vier keer meer grondbelasting. LPW Armand Cloete het tydens die Vrystaatse landboubegrotingsdebat gesê die toename is onregverdig teenoor produsente wat reeds swaarkry.

'n 38-jarige man wat tereg staan vir die moord op Evan Sorour - ’n jongboer van Ficksburg - sal weer Donderdag in die landdroshof verskyn. Rudi Gericke sal dan om borgtog aansoek doen. Die hofsaak volg nadat Sorour en sy pa, Reuter, glo in Januarie gereageer het op 'n klag van die beskuldigde dat hul beeste na sy plaas deurgebreuk het en die heining beskadig het. Tydens die onderonsie wat gevolg het, het die beskuldigde Evan glo vyf keer geskiet, terwyl hy self ook gewond is. Die 28-jarige boer is op pad hospitaal toe oorlede.

Hortgro kyk indringend watter faktore hawe-uitvoer benadeel. Die sagtevrugte-organisasie, ondersoek ook 'n nuwe benadering om probleme uit te skakel. Hortgro sê die Kaapse hawe is ‘n hoë prioriteit en geniet gefokusde aandag. Maar ingewikkelde probleme kan nie oornag opgelos word nie.

EN

Mededingende Swartsee-voorrade oefen steeds druk uit op kort- en langtermynpryse. Die verlenging van die Oekraïense uitvoerooreenkoms in Mei kan egter tot onsekerheid lei. Intussen word 'n rekord Brasiliaanse oes uitgevoer. Graan SA berig die aandag verskuif nou na Amerikaanse aanplantings van nuwe gewasse sojabone, wat die mark onder druk plaas.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.