Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 21 Apr 2023
FOTO: Pixabay via Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Donderdagoggend met 0,15% gedaal.
- Al is weerstoestande oor die algemeen gunstig in die Oekraïne, word beraam dat die lande se mielieproduksie in die 2023/24-seisoen met 15% kan daal as gevolg van die voortslepende Russiese inval, wat 'n magdom logistieke probleme veroorsaak het wat voorsieningstekorte insluit, hoë insetkoste, vervoeruitdagings en meer.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met skerp afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het vir lewering in April 2023 met R48/ton (-1,30%) gedaal en teen R3 632/ton gesluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in April 2023 met R98/ton (-2,61%) laer verhandel om teen R3 650/ton te sluit.
- Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2023 met R106/ton (-2,92%) gedaal en teen R3 530/ton gesluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2023 met R116/ton (-3,03%) laer verhandel om teen R3 708/ton te sluit.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 0,84% gedaal.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in April 2023 het met R265/ton (-3,45%) gedaal om teen R7 415/ton gesluit.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2023 het met R258/ton (-3,34%) gedaal om teen R7 466/ton gesluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 2,35% gedaal.
- Die fokus bly steeds op die lot van die Swartsee-skeepvaarttransaksie, wat middel Mei hernu word. Die Europese Kommissie het aangekondig dat die EU besig is om voor te berei om nuwe beperkings op Oekraïense graaninvoere in te stel.
- Die skuiwe is te wyte aan 'n toestroming van Oekraïense graan wat lande soos Pole en Slowakye aangespoor het om invoere heeltemal te verbied om binnelandse pryse vir hul produsente te beskerm.
- Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die April 2023 koringkontrak het met R4/ton (-0,06%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 721/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
