Agriculture
NWK se meganisasie inspirerende suksesverhaal─── 18:00 Wed, 26 Apr 2023
Sponsored18:00 Wed, 26 Apr 2023
In slegs vier jaar het dit uit die stof herrys deurdat dit van ‘n verliesmakende bedryf omgedraai het na ‘n volhoubare en winsgewende handelsegment binne NWK. Vandag is dit boonop een van die grootste New Holland-handelaars in die land.
NWK Meganisasie is gevolglik onlangs by New Holland se handelaarskonferensie in KwaZulu-Natal vereer as die handelaar met die beste omkeerbestuurstrategie in die New Holland-stal.
Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy het hier ook ‘n toekenning ontvang vir die beste toetreder tot die kategorie van konstruksietoerusting.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Johan Jansen van Rensburg, operasionele bestuurder van NWK Meganisasie.
NWK het in 2018/2019 ‘n reuse-omkeerstrategie geïmplementeer wat grootliks ‘n verandering in bestuur en herorganisering binne dié afdeling behels het. ‘n Nuwe sakeplan is ook ontwikkel en geïmplementeer.
NWK Meganisasie het tydens die Covid-19-pandemie en gevolglike inperking uitsonderlike groei getoon.

Volgens Johan Jansen van Rensburg, operasionele bestuurder van NWK Meganisasie, is dit omdat dié afdeling voorraad beskikbaar gehad het in ‘n tyd wat die wêreld se voorsieningsketting grootliks tot stilstand gedwing is.
“Ons het wêreldmarkte en -omstandighede korrek geantisipeer en die nodige aankope gedoen,” het hy verduidelik.
Produsente was ook gretig om kapitaalvervangings te doen omdat hulle groot oeste danksy goeie reën behaal het.

New Holland het NWK Meganisasie ondersteun met spesiale aanbiedinge en finansieringsopsies wat hulle aan klante kon bied.
NWK Meganisasie verkoop die afgelope twee jaar ook konstruksietoerusting soos laaigrawe en grondverskuiwers van New Holland.
“New Holland het hierdie geleentheid in die mark raakgesien en NWK Meganisasie het besef dat dit ’n gulde geleentheid sou bied om te diversifiseer,” het Johan verduidelik.

NWK Meganisasie bedien nie net klante in die mynbou- en konstruksiebedrywe nie, maar produsente maak ook meer van hierdie masjinerie gebruik omdat daar makliker koppelings hierop gedoen kan word en hulle byvoorbeeld vinnig bale in store kan pak en voer by voerkrale kan skuif.
Die stroopseisoen in NWK se bedieningsgebied is in volle swang en Johan raai produsente wat ’n nuwe stroper wil aanskaf, aan om die New Holland CRC 7.90 Revelation stroper ernstig te oorweeg.
“Ons sien dat meer boere in ons area tans sojabone aanplant. Die CRC 7.90 Revelation stroper is ’n gewilde keuse. Dit is nie die heel grootste stroper nie, maar ook nie die kleinste nie.
“Die dubbele rotortegnologie waarmee dit toegerus is, asook Intellisense en Dynamic Feed Roll, oftewel DFR-tegnologie, maak dit ideaal vir die produsent wat die hele spektrum – van sonneblom tot sojabone – wil stroop. Vir die boer met kleiner hektare tot die produsent met groter eenhede … Hierdie stroper is veeldoelig!”
Daar is tans ‘n promosie op die CRC 7.90-stroper teen ‘n prima minus 6.75% rentekoerssubsidie tot einde Junie 2023.
Produsente wat belangstel kan gerus NWK Retail se Facebook-blad besoek vir kontakbesonderhede en dit deurgaans dophou vir promosies.
