On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tekortkominge in strafregstelsel

───   ELSABÉ RICHARD 16:57 Tue, 09 May 2023

Landbounuus-podcast: Tekortkominge in strafregstelsel  | News Article
FOTO: Lukas/Pexels.

Die Suid-Afrikaanse strafregstelsel het 'n paar tekortkominge met betrekking tot die kwessie van veediefstal.

Unisa se Cecily Doorewaard-Janse van Vuuren het hieroor navorsing gedoen en bevind dat oortreders dikwels uit polisie-aanhouding vrygelaat word weens tegniese redes of weens onkunde en gebrek aan kennis.

Intussen het ’n voormalige lid van die Noordwes Provinsiale Wetgewer en haar medebeskuldigde drie jaar tronkstraf ontvang vir veediefstal. Dit volg nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle twee Bonsmara-kalwers in 2018 van 'n plaas by Schweizer Reneke gesteel het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Henry Mamothame sê dit het in die hof aan die lig gekom dat Victoria Mafolo by die boer gepleit het om nie klagte teen haar in te dien nie, aangesien dit haar reputasie as 'n parlementslid sou knou.

Dit is amper drie maande sedert kragvoorsiening en beurtkrag as 'n nasionale ramp verklaar is. Dit is ook amper twee maande sedert Kgosientsho Ramokgopa as die nuwe Minister van Elektrisiteit aangewys is. Noordwes-Universiteit-ekonoom Waldo Krugell sê die regering voeg nie sy woord by die daad nie aangesien beurtkrag nog volstoom voortduur.

Die Minister van Landbou het die toekenning van nagenoeg R450 miljoen aangekondig om 66 plase in die nuwe boekjaar te ondersteun. Minister Thoko Didiza het dit Dinsdagoggend tydens haar departement se begrotingsrede gesê. Sy het bygevoeg dat die fondse gebruik sal word om boere te help om onder meer produksie-insette en landboutoerusting te bekom.

EN 

Vanjaar se Bloemskou was 'n reuse sukses. Dié Bloemfonteinse landbou-tentoonstelling, wat vanaf 27 April tot 6 Mei gestrek het, het sy 140ste bestaansjaar met 'n propvol program gevier vir die hele gesin. Uitvoerende hoof Elmarie Prinsloo. Prinsloo sê hulle het ongelooflike terugvoer ontvang van onder andere telers in die landbousektor.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.