On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:06 Wed, 10 May 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Aleksandra Tulibacka/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdag met 0,49% gestyg.
  • Sommige wisselvalligheid kan in die korttermyn verwag word, aangesien ons die verstryking van die Swartsee-inisiatief nader, wat middel Mei hersien word.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het vir lewering in Mei 2023 onveranderd verhandel en teen R3 546/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Mei 2023 met R15/ton (-0,41%) laer verhandel om teen R3 642/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend effens met 0,03% gedaal.
  • In die korttermyn sal druk voortduur aangesien die Brasiliaanse rekordoes na die wêreldmark uitgevoer word. In die langtermyn lyk toestande gunstig vir Amerikaanse sojaboonaanplantings.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdag met effense opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2023 het met R21/ton (+0,28%) geklim en teen R7 531/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend effens met 0,93% gedaal.
  • Mededingende Swartsee-voorrade druk steeds wêreldwye koringmarkte in die korttermyn. Onbestendigheid word egter verwag namate ons die potensiële hernuwing van die Swartsee-inisiatief nader, wat middel Mei hersien sal word. Amerikaanse oestoestande lyk of dit verbeter, en dit weeg ook op pryse.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die Mei 2023 koringkontrak het met R55/ton (-0,82%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 620/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.