On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Gemengde reaksies oor landboudepartement se 2023/24-begroting

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Thu, 11 May 2023

Landbounuus-podcast: Gemengde reaksies oor landboudepartement se 2023/24-begroting | News Article
FOTO: Departement van Landbou/Facebook.

Agri SA het gemengde reaksies oor die landboudepartement se begroting vir die 2023/24-boekjaar.

Die organisasie se Christo van der Rheede sê alhoewel Minister Thoko Didiza die belangrike kwessies uitgelig het, is dit duidelik dat haar department nie die fondse het nie, nog minder die regering. Van der Rheede sê behalwe die beurtkragkrisis, behoort hoë insetkoste ook die departement se aandag te geniet.

Die opgewondenheid en afwagting vir Graan SA se Nampo Oesdag, wat op 16  Mei begin, kan in die lug aangevoel word. NAMPO Park bestuurder, Bennie Zaayman, sê 'n probleem waarmee hulle te kampe het, is die beperkte toegang tot Nampo Park via die R30-pad. Hulle het egter reeds die betrokke owerhede gekontak om enige moontlike probleme uit die weg te ruim.

'n Groentetuin in jou agterplaas kan help om die impak van stygende voedselpryse te verminder. 'n Bloemfonteinse voedselsekerheidsaktivis, Thabo Olivier, moedig inwoners aan om hul eie kos te kweek in pleks daarvan om te vertrou op regeringskospakkies tydens verkiesingstye.

Die skaapmark het goed herstel en pryse het weer begin styg. Chris Derksen doen verslag oor onlangse veilingspryse.

EN 

Verteenwoordigers van die BRICS-groep het vandeesweek bymekaargekom om 'n reeks prioriteite te bespreek ter voorbereiding van die 15de BRICS-beraad later vanjaar. Dié groep bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die Landbousakekamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo, sê verskeie onderwerpe is bespreek, insluitend beste praktyke vir volhoubare landbou-ontwikkeling onder BRICS-lande. Die beraad vind in Augustus in Suid-Afrika plaas.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.