On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Amper tyd vir Graan SA se NAMPO Oesdag

───   ELSABÉ RICHARD 14:46 Fri, 12 May 2023

Landbounuus-podcast: Amper tyd vir Graan SA se NAMPO Oesdag  | News Article
FOTO: NAMPO/Facebook.

Kaartjieverkope vir Graan SA se NAMPO Oesdag vergelyk tans met verkope van dieselfde tydperk verlede jaar.

NAMPO Park-bestuurder, Bennie Zaayman, sê daar is egter 'n tendens dat verkope gewoonlik ná die langnaweke toeneem.

Die Vrystaatse polisie het twee verdagtes aangekeer wat in besit was van gesteelde landbougif ter waarde van meer as R400 000. 'n Soektog is onderneem op die Wesselsbronpad, nadat inligting ontvang is dat die verdagtes 'n koper vir dié gif in Welkom het. Polisie het beslag gelê op 95 dromme gif, van 20-liter elk, en geen dokumentasie kon verskaf word nie. Nóg 14 van dié dromme is by die bestuurder se huis gevind.

Ses fasiliteerders is in die Vrystaat aangestel om die verbetering van verhoudings te koördineer tussen onder andere boere, plaaswerkers en -bewoners. Talle klagtes is geopper, wat dui op mishandeling en oortredings in terme van werks-omstandighede en toegang tot water vir vee sowel as menslike gebruik.

Perde en donkies kan steeds 'n belangrike rol speel in landbouproduksie in Suid-Afrika. Farmers Weekly se Janine Ryan sê die siening dat die gebruik van hierdie diere op kommersiële plase verouderd is, is egter onakkuraat.

Die mark het onder druk gekom op hierdie week se wolveiling, ondanks die swakker Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar. OVK Senior wolbemarker, Heinrich Victor, sê ten spyte van die uitdagende markomgewing, is 'n goeie algehele verkoops-klaring behaal.

EN 

Die kombinasie van koue, nat en winderige toestande kan lei tot die verlies van kwesbare vee en oeste in die Calvinia-omgewing in die Noord-Kaap. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat brande wat deur inwoners gemaak word om warm te bly, én sterk winde oor die provinsie, 'n brandgevaar inhou, veral in informele nedersettings.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.