On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Meeste paaie na Nampo Park lyk goed

───   ELSABÉ RICHARD 13:55 Mon, 15 May 2023

Landbounuus-podcast: Meeste paaie na Nampo Park lyk goed | News Article

Bothaville skud sy vere reg en inwoners is oorgehaal om besoekers aan Graan SA se Nampo Oesdag te verwelkom.

Dié gewilde landbou-tentoonstelling begin Dinsdag op Nampo Park buite die dorp. Nampo Park-bestuurder, Bennie Zaayman, sê die meeste paaie wat na dié dorp lei lyk goed, behalwe die R59-pad by Viljoenskroon.

Intussen moet Nampo besoekers wat oornag in Bothaville, warm klere pak omdat dit snags bibberkoud gaan wees. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê minimum temperature kan wissel tussen 2 en 5 grade. Hy sê besoekers kan ook reën te wagte wees.

Veral Oos-Vrystaatse boere is bekommerd oor die onlangse reën. Dié gebied het die laaste tyd heelwat reën gekry en temperature het begin daal. Thabo Mofutsanyana Distriksmunisipaliteit-landboukoördineerder Lebohang Moshoaliba, sê reën is nodig vir gewasse en vee, maar te veel kan gevaarlik wees. Hy sê boere wat verwag om koring, hawer en ander groente gedurende die winterseisoen te oes, kan uitdagings ondervind weens die voggehalte in die grond. Ander gewasse kan ook probleme ervaar omdat temperature in die streek skerp begin daal het.

Geopolitieke risiko's is terug op die land se landbou-agenda. Suid-Afrika het die afgelope jaar indirek die uitwerking van Rusland se inval in Oekraïne beleef deur die ontwrigting van verskeie kommoditeitsvoorsieningskettings en die daaropvolgende prysstygings, spesifiek grane, plantaardige olies en kunsmis.

EN 

Suid-Afrika se kommersiële koringoes word nou op meer as 2,1 miljoen ton geskat, 1,02% meer as Februarie se finale oesskattingsyfer deur die Oesskattingskomitee. Vir gars is die herberekende oesgrootte 302 000 ton, terwyl die finale kanola-oesskattingsyfer 210 000 ton is. Die finale herberekende haweroesskattingsyfer is nou net meer as 27 500 ton.

OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.