Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 12:24 Tue, 16 May 2023
FOTO: Pixabay via Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte.
- Die witmieliemark het vir lewering in Mei 2023 met R27/ton (+0,76%) hoër verhandel om teen R3 597/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Mei 2023 met R11/ton (-0,30%) laer verhandel om teen R3 678/ton te sluit.
Sojaboon:
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met skerp afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2023 het met R201/ton (-2,53%) gedaal en teen R7 730/ton gesluit.
Koring:
- Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met gemengde tendense verhandel.
- Die Mei 2023 koringkontrak het onveranderd verhandel om uiteindelik te sluit op R6 690/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
