Agriculture
Rand-dollar-wisselkoers lei tot goeie mededinging op 32ste wolveiling─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 23 May 2023
Die rand se verswakking teenoor die dollar het verlede week se wolveiling gehelp met goeie mededinging vir die beter styl merino-vagwol wat die algehele verkoopsklaring tot 90,4% laat styg het.
Die senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino aanwyser het met 0,6% vir nie-RWS en met 1,1% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R172,55/kg en R189,51/kg onderskeidelik gesluit.
Op die OVK-veiling is 1 681 bale aangebied, waarvan 87,8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling van R179,20/kg is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 16.1 mikron, uit die skeersel van EEJ Visagie, vanuit die Sutherland-distrik.
Die koper is Standard Wool SA.
Die volgende wolveiling is vir 24 Mei geskeduleer.
