Agriculture
Landbounuus-podcast: Werkloosheid onder jongmense kommerwekkend─── ELSABÉ RICHARD 14:00 Tue, 23 May 2023
Die werkloosheidsyfer onder jongmense in Suid-Afrika is kommerwekkend.
Agri SA se Christo van der Rheede sê dit lei in sommige gevalle tot hoë vlakke van misdaad in landelike gebiede. Hy sê meer moet gedoen word om geleenthede te skep om hierdie kwessie aan te pak.
Die Droughtmaster-bees is amptelik as Droughtmaster SA geregistreer en val nou onder SA Stamboek. Die organisasie se Japie van der Westhuizen sê dit is ‘n unieke bees wat oorspronklik van Australië afkomstig is. Hy sê die registrasie van die Droughtmaster in Suid-Afrika hou verskeie voordele in vir telers.
Weidingstoestande in die Vrystaat lyk oor die algemeen goed, nadat goeie reënval oor groot dele van die provinsie voorgekom het. Agri Noord-Kaap President, Nicol Jansen sê verwagtinge is dat weiding vanjaar selfs beter as verlede jaar sal wees.
Die LUR vir landbou in Noordwes maak Donderdag haar departement se begroting bekend vir die 2023/24-boekjaar. Desbo Mohono sal na verwagting ook terugvoer gee oor vordering wat gemaak is met onder meer huishoudelike voedsel-sekerheids-projekte. Die provinsiale departement voeg by dat Mohono planne sal aankondig wat daarop gemik is om swart afslaers by te staan, asook die kommersialisering van swart boere in die provinsie.
EN
'n Intense kouefront kan Donderdag verwag word oor die suidelike hoogliggende gebiede van die Namakwa-streek in die Noord-Kaap en oor die binneland van die Wes-Kaap. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku die publiek en veeboere om hiervan kennis te neem, aangesien koue, nat en winderige toestande verwag kan word.
