On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Speenkalfpryse vir boere op vyfjaar laagtepunt

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Fri, 26 May 2023

Landbounuus: Speenkalfpryse vir boere op vyfjaar laagtepunt | News Article
FOTO: Couleur/Pexels.

Die speenkalfpryse wat boere ontvang is op 'n vyfjaar laagtepunt.

Dit, terwyl die vleispryse op winkelrakke drasties styg. Vrystaat Landbou-kommersiële bestuurder Jack Armour sê speenkalwerpryse is tans 20% laer as 'n jaar gelede. Hy sê implikasie van die huidige markomgewing is dat boere vleis produseer teen 'n 2023 kostebasis, maar ten beste 'n inkomste gelykstaande aan 2018-pryse ontvang.

Boere kan toenemende skulddienskoste verwag wat beteken dat winsmarges verder sal uitdun as gevolg van nóg 'n rentekoersverhoging deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Die bank het 'n verhoging van 50 basispunte aangekondig, wat die terugkoopkoers op meer as 'n dekade hoogtepunt van 8,25% te staan gebring het. Inflasionêre druk weens verhoogde geopolitieke spanning, die eindelose energieprobleme en logistieke beperkings wat kostevlakke verhoog, het die bank genoop om tariewe wéér te verhoog.

Pogings om die kragkrisis in die land te verlig, word op verskeie maniere aangespreek. Een hiervan is om krag op te wek by die Gariep- en Vanderkloofdam. Oranjerivier Landbou-unie-voorsitter Wilco Fourie sê die water wat die afgelope tyd by die Gariepdam uitgelaat is vir kragopwekking, het die Vanderkloofdam bereik en ‘n 100% watervlak daar tot gevolg gehad.

Intussen is droogtehulp aan boere met minder skaap in die Namakwa-streek moontlik gemaak deur Sybil Visagie, 'n aktivis gemoeid met voedselsekuriteit in samewerking met onder andere Gift of the Givers. Visagie sê hulle lewer 'n afrond voerkorrel wat daarop gemik is om onder meer ooie dragtig te kry, melkproduksie te stimuleer en lammers te kan afrond om boere se kuddes weer op te bou. 

EN 

Die Noordwes Departement van Landbou gaan veeveilingsfasiliteite loods in Ganyesa, Khunwana en GaMogopa in die 2023/24-boekjaar. LUR Desbo Mohono sê die fasiliteite sal sentraal gevestig word tot voordeel van die omliggende gemeenskappe.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.