On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 29 May 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliemarkpryse het gedaal as gevolg van 'n sterker dollar, verswakkende uitvoervraag en vooruitsigte van 'n groot oes na voordelige reën. Verliese is beperk deur toenemende kommer oor droë weer in die oostelike mieliegordel.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het ondersteuning gevind vir die derde opeenvolgende sessie.
  • Die witmieliekontrak het vir Junie ’23 R19/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 662/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie23 het R8/ton sterker verhandel teen R3 675/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Junie ’23 het verhandel teen R3 775/ton, R25/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie’23 het teen R3 807/ton verhandel, R27/ton sterker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark het Donderdag ondersteuning verloor weens swak uitvoervraagvooruitsigte. ’n Sterker dollar en vinnige plantvordering in die VSA het ook bygedra tot verliese in die sojakompleks.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het mielies hoër gevolg.
  • Die sojaboon Junie ’23-kontrak het R87/ton sterker verhandel teen R7 900/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R63/ton sterker verhandel teen R7 998/ton. Die sojaboon September ’23-kontrak het teen R8 160/ton, R90/ton sterker verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse het gemeng verhandel tydens Donderdag se sessie. 
  • Die sterker dollar het vooruitsigte vir Amerikaanse koring in globale markte verswak, veral met wat lyk as 'n rekordseisoen vir sagte rooi winterproduksie.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het gemeng verhandel.
  • Die koring Junie ’23-kontrak het teen R6 458/ton verhandel, R232/ton swakker. Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 516/ton verhandel, R75/ton sterker.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.