On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasmoorde toon afname in eerste kwartaal van 2023

───   ELSABÉ RICHARD 16:19 Tue, 30 May 2023

Landbounuus-podcast: Plaasmoorde toon afname in eerste kwartaal van 2023 | News Article
FOTO: Chanita Sykes/Pexels.

Plaasmoorde het afgeneem van 17 in die eerste kwartaal verlede jaar, tot agt in dieselfde tydperk vanjaar.

Die VF Plus sê daar moet egter in gedagte gehou word  dat boere toenemend maatreëls tref om hul eie veiligheid te verseker. 

LEES OOK: Oud-Springbok haker se pa sterf ná aanval op kleinhoewe

Intussen kom twee verdagtes weer Maandag voor in Heilbron se landdroshof in verband met die aanval op die oud-Springbok-haker, Lukas van Biljon, en sy pa, André.  Die Van Biljons is die naweek oorval op Lukas se kleinhoewe by Oranjeville in die Noord-Vrystaat. Khanye Muthi en Latin Mofokeng staan tereg op aanklagte van huisroof en poging tot moord. Polisiewoordvoerder, Lorraine Earle, sê twee van ses verdagtes is vroeg Saterdagoggend by Viljoensdrift in hegtenis geneem kort ná die voorval nadat die polisie en plaaslike boere talle paaie afgesper het.

Die winter is hier en daarmee saam die hernude bedreiging van voëlgriep. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê voëlgriep het reeds verwoesting gesaai in die Wes-Kaap nadat onlangse uitbrekings gelei het tot die verlies van honderdduisende lêhenne. Die vereniging se Izaak Breytenbach. Intussen het 'n vyf jaar lange Europese studie getoon dat menslike aktiwiteite dikwels verantwoordelik is vir die verspreiding van voëlgriep deur onder meer besmette skoene en masjinerie, wat dit so belangrik maak om streng biosekuriteitsbeginsels na te kom. 

Landbouverliese weens droogtes en oorstromings van die afgelope drie boekjare beloop meer as R1 miljard. Die Departement van Landbou het dié bedrag bekend gemaak ná 'n geskrewe vraag van die EFF se Kenneth Montwedi. Hy wou weet wat die omvang van aangemelde  finansiële verliese was en die stappe wat gedoen is om boere daarna te ondersteun. Boere in droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap het byvoorbeeld in die  2021/22-boekjaar voer van byna R36 miljoen ontvang.

EN

Die Vrystaatse Landbou-LUR het Dinsdag die provinsiale graanoes aanskou by die MS Moloi-boerderyprojek in  Fouriesburg. Dis 'n poging om verhoudings  met sleutelbelanghebbendes te versterk. 'n Landboudepartement woordvoerder sê sowat 300 graanboere in Thabo Mofutsanyana en ander distrikte woon dit by. Die departement wil deur sulke interaksies produktiewe verhoudings en vennootskappe bou wat die landbousektor in die provinsie sal verbeter.

OFM-nuus









@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.