On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 05 Jun 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Czapp Árpád/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand wat verhandel is, het sedert die vorige verhandelingsdag met 0,27% gedaal.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak het vir lewering in Junie 2023 het met R19/ton (-0,52%) gedaal en teen R3 662/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geel mieliekontrak het vir lewering in Junie 2023 het met R32/ton (-0,84%) gedaal en teen R3 770/ton gesluit.
  • Witmielie-uitvoere het altesaam 10 544 ton beloop, meestal na Botswana (63%). As ons agt weke vorentoe kyk, is daar geen projeksies vir diepsee-vaartuie nie. 
  • Witmielie-uitvoer moet pas optel om aan die geprojekteerde uitvoere vir die seisoen te voldoen. 
  • Per week moet 18 750 ton uitgevoer word. Geelmielie-uitvoer het altesaam 96 751 ton beloop, meestal na Taiwan (49%) en Viëtnam (46%). 
  • Tot einde Junie sal sewe uitvoervaartuie (+/- 350 000 ton) na verwagting uitgevoer word. Vir Julie-maand sal nog vyf vaartuie (+/- 250 000 ton) na verwagting uitgevoer word.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 'n opwaartse neiging verhandel en 2,29% hoër as die vorige dag gesluit.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Junie 2023 het met R92/ton (-1,18%) gedaal en teen R7 675/ton gesluit.
  • Vir die 2023/24-bemarkingseisoen is 31 668 ton sojabone sover uitgevoer, meestal na Viëtnam (87%) en 'n paar kleiner hoeveelhede na Maleisië (8%), Zimbabwe (4%) en Mosambiek (1%).

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand verhandel het met 'n effense opwaartse neiging verhandel en 2,77% hoër as die vorige dag gesluit.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel. Die Junie 2023-koringkontrak het R15/ton (-0,22%) laer verhandel en teen R6 655/ton gesluit.
  • Vir die week geëindig 26 Mei is slegs 16 524 ton koring ingevoer, meestal uit Pole (42%) en Litaue (36%). Die huidige koringinvoertempo is beter as die vorige seisoene en in ooreenstemming met die vyfjaargemiddelde.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.