Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 13 Jun 2023
FOTO: icon0.com/Pexels
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemark het ondersteuning verloor ná 'n rondte tegniese verkope aangespoor deur nie-ondersteunende vraag en aanbod data van die jongste WASDE-verslag. Alhoewel mielie-area en -opbrengs onveranderd was, het die USDA beginvoorrade verhoog en uitvoere verminder, eindvoorraad vir die komende seisoen het ook toegeneem.
- Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het effens postief verhandel, maar die bewegings was maar marginaal.
- Die witmieliekontrak het vir Junie ’23 R1/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 592/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R3/ton swakker verhandel teen R3 615/ton.
- Die geelmieliekontrak vir Junie ’23 het verhandel teen R3 650/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 teen R3 694/ton verhandel, R3/ton sterker.
Sojaboon:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het aansienlike ondersteuning gevind, danksy ondersteunende soja-oliepryse. Soja-oliepryse het met 4% gestyg terwyl sojameel 1% laer geneig het. As gevolg van laer as verwagte uitvoer, merk die USDA hoër begin- en eindvoorraad vir die 2023/24-seisoen.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ondersteuning verloor in Maandag se sessie.
- Die sojaboon Junie ’23-kontrak het R25/ton swakker verhandel teen R8 312/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R43/ton swakker verhandel teen R8 401/ton. Die sojaboon September ’23-kontrak het teen R8 560/ton, R70/ton swakker verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmarkpryse was gemeng, maar meestal laer op 'n rondte ongelyke tegniese verhandeling, aangesien handelaars die jongste vraag en aanbod data van die USDA verteer het.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het traag verhandel, maar meestal aan die negatiewe kant.
- Die koring Junie ’23-kontrak het teen R6 560/ton verhandel, R40/ton swakker. Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 530/ton verhandel, R36/ton swakker.
