On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Bitterrrrrr koue tref Sentraal-Suid-Afrika, kleinveeboere gewaarsku

───   ELSABÉ RICHARD 07:57 Thu, 15 Jun 2023

Bitterrrrrr koue tref Sentraal-Suid-Afrika, kleinveeboere gewaarsku | News Article
FOTO: Benjamin Lehman/Pexels.

’n Reeks kouefronte beweeg tans oor die Wes-Kaap wat swaar reën oor dié provinsie meebring.

Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê weervooruitsigte toon egter dat daar nie veel reën in die volgende tien dae oor die Vrystaat, noordelike dele van die Noord-Kaap en verder noord gaan voorkom nie.

Hy sê daar is wel ‘n kans vir sneeu oor die Drakensberge en selfs oor die berge van die Noord- en Oos-Kaap teen 20 Junie. Dit kan lei tot uiterse koue met minimum temperature onder -5°C.

“Dit is juis hierdie toestande wat baie gevaarlik is vir vee, veral kleinvee, en as daar dalk weer bietjie reën bykom, kan dit baie gevaarliker wees.

“Dis veral die suidelike dele van die Noord- en Oos-Kaap waar die groot gevaar is, waar daar ‘n bietjie reën kan voorkom saam met die koue toestande. Maar dit is ook nie onmoontlik dat reën verder noord kan voorkom nie.”

El Niño-verskynsel

“Die El Niño het nou ontwikkel… en dit is een van die redes hoekom kouefronte nou so sterk deurkom. Die El Niño gaan heel waarskynlik voortduur tot Maart/April volgende jaar.

“So, met El Niño teenwoordig in die winter, is die kans vir reën nog goed in die sentrale en westelike dele van die land – Vrystaat, Noord-Kaap en verder suidwaarts – [gedurende] Augustus, September en Oktober.”

Van den Berg sê inwoners kan weer warm en droë toestande in November en Desember verwag.

Luister na Charl Saunderson, Dorper stoet-teler in die Noord-Kaap, se winter raad vir kleinveeboere:

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.