On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Vrystaatse LUR vir Landbou bereik 100 dae in dié amp

───   ELSABÉ RICHARD 15:29 Mon, 26 Jun 2023

Landbounuus: Vrystaatse LUR vir Landbou bereik 100 dae in dié amp | News Article
FOTO: Vrystaatse Departement van Landbou/Facebook.

Die Vrystaatse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling vier Dinsdag sy 100ste dag in dié amp.

Woordvoerder Zimasa Mbewu sê Saki Mokoena gaan die dag gebruik om terug te rapporteer oor wat hy tydens dié 100 dae bereik het as LUR. LUR Saki Mokoena het deur die provinsie gereis en beraadslaag met boere en ander belanghebbendes in die landbousektor. Dit is in 'n poging om landbou te herposisioneer en te verseker dat die provinsie weer SA se "broodmandjie" word.

Die Noord-Kaapse departement van landbou gaan drie luggehaltemonitors aanskaf van een miljoen rand elk. LUR Mase Manopole het tydens haar departement se begrotingsrede vir die nuwe boekjaar gesê dit sal geplaas word by die dorpe Hotazel, Springbok en De Aar. Luggehaltemonitors vir Kimberley en Upington sal binne die volgende boekjaar bekom word. Manopole sê die departement is daartoe vebind om plaaslike owerhede te help om hul luggehalte te monitor en te verbeter.

Intussen ondersteun die DA in die Noord-Kaap nie die begrotingsplanne van die provinsiale Departement van Landbou nie. LPW Reinette Liebenberg sê die begroting is nie daarop gerig om daadwerklike resultate in die landbousektor te lewer nie. Sy sê ’n regering wat ernstig is oor transformasie en ontwikkeling, sal verseker dat die begroting belyn is met optimale, tasbare resultate in die landbousektor.

Noord-Kaapse inwoners word gewaarsku teen gunstige veldbrand-toestande wat vandag heers. Die SA Weerdiens sê die brandgevaar-indeks is bo 75 by onder meer Postmasburg en Upington. Brande kan vinnig ontstaan en versprei, wat kan lei tot skade aan eiendom en lewensverlies.

EN

Kundiges het onlangs tydens ‘n bespreking oor klimaatsverandering 'n somber prentjie geskets van die wêreld se klimaatvooruitsigte. Landbou is een van die sektore wat swaar getref sal word deur veranderinge in die klimaat. Action SA se Johann Krige sê in besprekings is uitgelig dat 'n politieke wil nodig is om klimaatsverandering in Suid-Afrika die hoof te bied. Hy sê die land kort politieke leiers met langtermyn-visie wat planne kan beraam om klimaatsverandering se uitwerking te versag.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.