On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: 'Samewerking nodig om krisis in Namakwaland die hoof te bied'

───   ELSABÉ RICHARD 16:00 Tue, 04 Jul 2023

Landbounuus: 'Samewerking nodig om krisis in Namakwaland die hoof te bied' | News Article
FOTO: Verskaf deur Zandisile Luphahla, Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke se woordvoerder.

'n Krisis soos die Namakwalandse oorstromings kan net die hoof gebied word met samewerking tussen boere, inwoners, instellings en die owerheid.

Verlede week se  vloed het lewens geëis en infrastruktuur vernietig. Nama-Khoi-VF Plus-raadslid James Otto sê dorpe soos Kleinzee is van die buitewêreld afgesny terwyl die N7 suid van Vioolsdrif onbegaanbaar was.

Intussen is altesaam 16 paaie oorstroom weens swaar reën in dele van die Namakwa-distriksmunisipaliteit. Dit is egter nog te vroeg om die presies omvang van die skade te bepaal.
Noord-Kaapse LUR vir Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong sê skadeberaming duur voort. Sy vertel hoe die provinsiale regering gemeeskappe help wat deurgeloop het.

Ná ’n opwaartse aanpassing in die mielie-oesskatting, staan dit nou op 16,35 miljoen ton - die tweede grootste oes ooit. 'n Rekordoes van 16,82 miljoen ton is in 2017 aangeteken. 

Die nuwe petrolprys laat verbruikers glimlag terwyl dieselverbruikers vanaf Woensdag die hand dieper in hul sakke sal moet steek. Petrol sal tussen 17 en 24 sent per liter minder kos. Diesel se prys styg tussen 12 en 18 sent per liter, terwyl die prys van paraffien verminder met 4 sent per liter.

EN

Die tweede Karoo Winter Wol-fees was ’n suksesvolle geleentheid vol warmte. Boere en belangstellendes het op Middelburg in die Oos-Kaap saamgetrek en deelgeneem aan ’n wolbaalkompetisie, kunsveilings asook verskeie wolkursusse. OVK Bemarkings- en kommunikasiebestuurder Christel Basson sê min feeste is toegspits op 'n bepaalde sektor. Die gemeenskap van hierdie Karoo-streek het besluit om wol vier as die spil waarom hul boerderye draai.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.