On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Omgee-dokter tuis ná uitdagende trekkerrit

───   ELSABÉ DE JAGER 15:35 Tue, 18 Jul 2023

Omgee-dokter tuis ná uitdagende trekkerrit | News Article
Dr. André Hattingh arriveer op Witrivier

“Om ’n reis van 2 500 km per trekker aan te pak, is beslis nie vir sissies nie.”

Aan hierdie woorde is weer gedink toe motorfietse Saterdag die weg gebaan het vir ’n trekker wat stadig deur die strate van Witrivier gery het.

Ná twee moordende weke het die stigter van Pediatric Care Africa, dr. André Hattingh, moeg maar tevrede sy liefdadigheidsrit voltooi.

Op 2 Julie neem Hattingh die leiding in die On-Trac-Tor-liefdadigheidsrit vanaf Witrivier. Die doel van die rit was ’n ware omgeerit om siek en weerlose kinders te help met mediese hulp en kosskenkings. Hy en sy span het ook gefokus op internasionale bewusmaking oor die voorkoms en brutaliteit van plaasmoorde landwyd.

Dr. André Hattingh en sy vrou, Joyce. Foto: Verskaf

Die reis het hom geneem deur vyf provinsies insluitende Noordwes, die Vrystaat  en die Noord-Kaap.

Hattingh sê hy is dankbaar vir die gasvryheid en bystand op elke dorp waar hulle aangedoen het. Ongeveer R250 000 is ingesamel. Hy bedank die hele Suid-Afrika vir al die liefde en oop hande.

Voorbereiding vir volgende jaar se sirkeltoer is reeds aan die gang. Hattingh is vol vertroue dat die mikpunt van R1 miljoen bereik sal word.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.