On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Weidingsregte: Appellant in Moladora-saak ontvang finansiële steun

───   ELSABÉ RICHARD 08:30 Thu, 27 Jul 2023

Weidingsregte: Appellant in Moladora-saak ontvang finansiële steun  | News Article
FOTO: Min An/Pexels.

Agri SA gaan finansiële ondersteuning bied aan die appellant in die Moladora-saak wat appelleer teen 'n Grondeisehof-uitspraak wat weidingsregte beskerm ten koste van private eiendomsreg.

Daar is onlangs in die saak uitspraak gelewer ten gunste van grondbesetters wat vee sonder toestemming op plase aanhou.

Agtergrond

Die Moladora Trust is 'n eienaar van landbougrond in Noordwes. Dié plaas word tans bewoon deur die kinders van 'n voormalige en oorlede werknemer wat die toestemming gehad het om vee op die plaas aan te hou. 

'n Vorige uitspraak van die Appèlhof in Bloemfontein toon dat die reg om vee aan te hou 'n persoonlike reg is wat tussen twee persone tot stand kom en nie geërf of oorgedra kan word aan ander persone nie, verduidelik Amy Barclay, hoof van Agri SA se grondsentrum van uitnemendheid.

Barclay sê daar is ook bevind dat die reg om vee aan te hou nie 'n reg is wat deel uitmaak van die lang beskermende regte van die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA) nie.

Dit skep 'n presedent

Landbou-organisasies is bekommerd dat dié saak 'n president gaan skep vir ander soortgelyke sake in die toekoms. 

In 'n nuwe saak voor die Grondeisehof, Elma Mostert Trust v Tebele Isaac Mofokeng and one Other ("Elma Mostert Trust Case"), maak die okkupeerder staat op die uitspraak in die Moladora-saak en poog om dit te verbreed. 

Agri SA sê in dié saak word aangevoer dat enige verwydering van beeste dus ingevolge ESTA gedoen behoort te word. 

"Die vertroue op die uitspraak in die Moladora-saak kan verreikende gevolge hê as dit onbetwis toegelaat word en as 'n presedent in toekomstige sake gebruik word." 

Die organisasie sê hierdie eskalasie beklemtoon die noodsaaklikheid om die oordeel van regter Cowen in Moladora om te keer. 

Intussen sê Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap-president, omdat getalle en die mate waartoe weidingsreg toegestaan moet word, soos die hof binne ESTA-wetgewing interpreteer, nie gestipuleer is nie, kan dit eiendomsreg en die geleentheid tot ekonomiese aktiwiteite binne die belegging in grond as eiendom aantas, en eintlik onteiening sonder vergoeding bevorder.

TLU SA en Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) het Agri SA bedank vir sy bydrae in die Moladora-saak.

Tot dusver is die saak deur TLU SA, Saai, Agri Noordwes en Mpumalanga Landbou gedryf, weens die verdoemende gevolge wat die kwessie kan inhou vir eiendomsreg en boere.

TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl hoop nog landbou-organisasies sal die belangrikheid van samewerking sal besef, sodat die saak versterk kan word tot voordeel van die landbou.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.