Agriculture
Landbounuus: Verwagte El Niño wakker vrese oor mielie-, soja-oes aan─── ELSABÉ RICHARD 14:36 Mon, 24 Jul 2023
Vrese bestaan dat Suid-Afrika se mielie- en soja-oes kan afneem namate die land oorgaan in 'n El Niño-weerverskynsel.
Dit lei tot ondergemiddelde reënval en kan mielie- en sojaboonpryse laat toeneem, en die vee- en pluimveesektor verder onder druk plaas.
Die brandende bande-bergplek by Biesiesvlei tussen Sannieshof en Coligny in Noordwes het aansienlike skade aangerig aan die aangrensende weiveld en gewasse. Die as en roet van die brand het die grond besoedel, wat nadelig is vir grondvrugbaarheid en beskikbaarheid van voedingstowwe.
Aartappelpryse verhandel teen rekordvlakke vir die jaar, 77% hoër as 'n jaar gelede. Pryse het R81,67 per 10 kg sak bereik. AMT-besturende direkteur, Johnny van der Merwe, sê hoewel groter volumes die mark gaan betree oor die komende maande en pryse laat afneem, sal pryse na verwagting steeds beter wees as dié tyd verlede jaar.
Die Vrystaat se waterberging het die afgelope week afgeneem van 98,4% tot 97,9%. Die Bloemfontein Watervoorsieningstelsel staan op 98,4%. Dié vier damme verskaf wat water aan Mangaung en omliggende gebiede. Water en sanitasie-woordvoerder, Larry Crisp, sê Suid-Afrika is 'n waterskaars land. Hy moedig inwoners spoaarsaam te gebruik.
EN
Rusland sê hy sal Afrikalande vergoed vir enige graan wat verloor is ná sy onttrekking aan die Swartsee-graanooreenkoms. eNCA berig Moskou het maande lank gekla 'n verwante ooreenkoms vir die uitvoer van Russiese voedsel en kunsmis, word nie nagekom is nie. Rusland sê lande in nood sal die nodige versekering ontvang op 'n beraad later vandeesmaand.
