Agriculture
Landbounuus: Landbou-organisasie veroordeel moord op Vrystaatse boer─── ELSABÉ RICHARD 14:48 Tue, 25 Jul 2023
Vrystaat Landbou veroordeel ten sterkste die brutale plaasmoord in die Harrismith-omgewing die afgelope naweek.
Dit spreek sy opregte simpatie uit met die groot verlies teenoor Mike Pattinson se familie. Hy was die Hoof Finansiële beampte by Harriston Privaatskool in Harrismith en het alleen op die plaas Summerslie gewoon.
LEES OOK: Gemeenskap in rou ná moord op Vrystaatse boer
Intussen loof die VF Plus die polisie vir hulle goeie speurwerk. Die SAPD en sekuriteitsmaatskappye het vinnig gereageer tydens die jongste plaasmoord in die Vrystaat naby Harrismith. Sewe verdagtes is reeds in hegtenis geneem vir die moord op Mike Pattinson.
LEES OOK: Seven suspects arrested for the murder of Harrismith farmer
Groot kommer wek onder die provinsiale landbou-unie, oor twee plaasaanvalle wat die afgelope naweek net meer as ’n dag uitmekaar plaasgevind het in sentraal-KwaZulu-Natal. Maroela Media berig die unie se Freddie van Tonder sê dit lyk of albei gevalle gemik was op mense wat handel dryf vanaf hul plase. In die eerste aanval, wat Saterdagoggend plaasgevind het op 'n plaas in die Middelrus-distrik, is die boer en sy gesin oorval en beroof. Die tweede aanval het Sondagmiddag in die Dalton-distrik plaasgevind waar ’n vrou, wat ’n stalletjie op die plaas bedryf, aangeval en beroof is.
Die Minister van Landbou en die Vrystaatse LUR vir Landbou lei Vrydag die BRICS-bekendstellingstoer in Bloemfontein. Die landboudepartement sê dis deel van 'n program vir die bevordering van die BRICS-beraad, wat ook opbou na volgende maand wanneer President Ramaphosa dit gaan aanbied.
EN
Die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging sê hulle hoop dat minder hektaar veld vernietig sal word tydens hierdie brandseisoen vergeleke met vorige jare. Die vereniging se Eric Stoch sê dis slegs moontlik wanneer gemeenskappe saamwerk om te verhoed dat brande ontstaan en versprei.
