On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Publiek aangemoedig om plaasmoord-hofsake by te woon

───   ELSABÉ RICHARD 16:17 Mon, 31 Jul 2023

Landbounuus: Publiek aangemoedig om plaasmoord-hofsake by te woon  | News Article
FOTO: Verskaf.

Die publiek moet aanhou om hofsake van vermeende plaasaanvallers in groot getalle by te woon om te wys hulle verwerp dié misdade.

Plaasaanvalle neem blykbaar toe in die Vrystaat ná die onlangse moord op Mike Pattinson by Harrismith, ’n aanval die naweek in die distrik Fouriesburg en ’n plaasmoord in die Grootvlei-omgewing. Vrystaat VF Plus-leier Jan van Niekerk was vandag in die hof op Harrismith waar vyf van die verdagtes in die Pattinson-moord se borgtog-aansoek uitgestel.

Hy sê die vyf beskuligdes doen weer op 14 Augustus aansoek om borg nadat hulle regsverteenwoordiger kapsie gemaak het omdat drie langer as 48 uur in aanhouding was voor hul eerste hofverskyning.

Die gebied tussen tussen Brandfort, Verkeerdevlei en Winburg het die naweek deurgeloop onder groot brande. Dit is in bedwang gebring nadat veldbrand-vrywilligers van die Mangaung-brandbeskermingsvereiging ingegryp het om te verhoed dat dit verder versprei. Intussen is die omvang van die skade weens 'n veldbrand tussen Kroonstad, Steynsrus en Edenville nog onbekend. Die brandbeskerminggsvereniging sê egter onbevestigde berigte is ontvang van dierevrektes en 'n stoor met voertuie en 'n plaasopstal wat in die slag gebly het in die Kroonstad-brand.

Brandbestryders in Noordwes het ook die laaste tyd hul hande vol gehad van brande by onder meer Potchefstroom. Noordwes sambreelbrandbeskermingsvereniging se Eric Stoch.

Duisende mense in Suid-Afrka se suikerbedryf slaak 'n sug van verligting na die verkryging van Tongaat Hulett se suikerafdeling deur Kagera Sugar, wat besit  word deur 'n Tanzaniese multimiljoenêr. Die maatskappy het vier operasionele meule in Suid-Afrika, met 'n geïnstalleerde kapasiteit om meer as 'n miljoen ton  suiker jaarliks te produseer. Tongaat Hulett itrek al geruime tyd noustrop, nadat hy in Oktober 2022 in sakeredding geplaas is.

EN

Indië het amptelik 'n verbod op rysuitvoer geplaas, maar dit dek nie alle ryskategorieë soos sommige ontleders aanvanklik gevrees het nie. Dit is hoofsaaklik  op die nie-basmati wit en gebreekte rys. 

OFM Nuus







@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.