On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Nasionale optog beplan oor toestand van polisiekantore

───   ELSABÉ RICHARD 15:16 Tue, 01 Aug 2023

Landbounuus: Nasionale optog beplan oor toestand van polisiekantore | News Article
FOTO: Action SA's Herman Mashaba/Facebook.

ActionSA lei Donderdag 'n nasionale optog na die kantoor van die polisieminister om verbeterings by polisiekantore te eis.

Die party sal 'n memorandum oorhandig waarin die mislukkings van polisiekantore uitgestippel word. Minister Bheki Cele kry dan drie maande om die uitdagings die hoof te bied. Die party sê polisiekantore is 'n integrale deel van die bekamping van misdaad, veral op die platteland waar plaasaanvalle en -moorde die laaste tyd toeneem.

Intussen sou vier verdagtes, tussen 16 en 19 jaar oud, Dinsdag voorkom in die Balfour-landdroshof vir die moord op 'n boer van die Grootvlei-omgewing. Hulle die 79-jarige boer se voertuig en kontant gesteel en sy vrou so erg aangerand dat sy in die hospitaal opgeneem moes word. Die gesteelde Renault Kwid het omgeslaan in Villiers, sowat 25 kilometer vanaf die misdaadtoneel.

Hoendervleisprodusente vra dat tariewe op ingevoerde hoendervleis her-ingestel word nadat die Minister van Handel en Nywerheid verlede jaar teenstortingstariewe opgehef het. Noordwes Universiteit-professor, Waldo Krugell, sê dié opheffing was om die prys van ingevoerde hoender te verlaag en verbruikers te help wat swaarkry weens hoë voedselinflasie.

Die Suid-Afrikaanse landbousektor verskaf kos vir 'n bevolking van meer as 60 miljoen mense. Die Landbounavorsingsraad se Ben Greyling sê 40 000 kommersiële, byna 'n kwartmiljoen opkomende en drie miljoen kleinskaalse boere moet die nasie voed. Hy sê om beesvleisprodusente meer mededingend te maak en winsgewendheid en produksie te verhoog, is die kommersialisering van die opkomende sektor uiters belangrik.

EN 

Klimaatsverandering hou aansienlike uitdagings in vir landbou, wat oesopbrengste, beskikbaarheid van water en plaagbestuur beïnvloed. Agri SA-ramp en risiko-bestuurder, Andrea Campher, sê stygende temperature en uiterste weersomstandighede kan landbouproduktiwiteit kniehalter, terwyl veranderende reënpatrone kan lei tot droogtes of vloede, met 'mn nadeluge uitwerrking op oeste en veebestuur.

OFM Nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.