On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Toekoms van Suid-Afrika se elektrisiteit lyk goed – Oberholzer

───   ELSABÉ RICHARD 07:04 Mon, 07 Aug 2023

Toekoms van Suid-Afrika se elektrisiteit lyk goed – Oberholzer  | News Article
Jan Oberholzer, voormalige bedryfshoof by Eskom. Foto: OFM Nuus.

Eskom is die rugsteun van baie sektore in Suid-Afrika, en beurtkrag het 'n geweldige impak op onder meer produksie, besproeiing en die verkoeling van voedsel.

Verskeie fases kragonderbrekings is die afgelope jare die norm, maar Suid-Afrikaners vind hoër fases steeds ontwringtend.

Ten spyte van dié realiteit sê Jan Oberholzer, voormalige bedryfshoof by Eskom, die toekoms van elektrisiteit lyk positief.

"Ek dink ons gaan nog vir 'n tydperk deur 'n moeilike tyd gaan waar ons nog deur beurtkrag sal ervaar, maar ek glo met al die planne wat in plek is, al die inisiatiewe wat in plek is... die publiek sit nie meer terug en sê dit is 'n Eskom-probleem nie. 

"Wat ek sien en wat vir my so ongelooflik positief is – almal sê hoe kan ons positief bydra? Wat kan ons mee help om te verseker dat ons volhoubare en betroubare elektrisiteit het in die toekoms ..."

Regering se pogings om beurtkrag aan te pak

President Cyril Ramaphosa het in Maart 2023 die aankondiging gemaak dat hy Dr Kgosientsho Ramokgopa as Minister van Elektrisiteit aanstel in 'n poging om die land se kragkrisis die hoof te bied.

Ramaphosa het gesê in sy nuwe rol sal die energieminister se primêre doel wees om die regering se program te dryf om die "erns en frekwensie van beurtkrag as ’n saak van dringendheid aansienlik te verminder”, en om die regering se werk te bespoedig om die volle implementering van die Energie-aksieplan te verseker.

Ramokgopa het ná sy aanstelling Eskom-kragstasies besoek om assesserings te doen en het daarna terugvoering aan die land verskaf.

Oberholzer se reaksie op dié aanstelling

"Ek glo minister Ramokgopa, wat aangestel is, het 'n kardinale rol. Ek sien sy rol as die individu wat die regering, al die departemente binne die regering moet verseker dat almal verstaan waar ons is, wat die uitdagings is en wat elke departement se bydrae sal wees en hoe ons moet saamwerk om hierdie uitdagings die hoof te bied.

"So, ek sien sy rol as krities. Waaroor ek baie positief is, wat ek gesien het en wat ek ervaar het in die tyd wat ek nog by Eskom was, is dat hy fisies na elke kragstasie toe gegaan het, en fisies met die mense gepraat het en gaan uitvind het, en sy hande vuilgemaak het om te verstaan wat is hierdie uitdagings," sê Oberholzer.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.