On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 08 Aug 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Michael Burrows/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het sterker verhandel in vergelyking met die vorige week en het Maandagoggend met 0,75% geklim.
  • Hierdie week sal die oë gedraai word na die USDA se volgende World Agricultural Supply and Demand Estimates (WASDE)-verslag, wat Vrydagaand vrygestel sal word.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R61/ton (-1,65%) gedaal en teen R3 630/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R57/ton (-1,54%) gedaal en teen R3 640/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend 'n merkbare styging van 1,08% getoon.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met sterk afwaartse tendens verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R101/ton (-1,11%) gedaal en teen R8 974/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 0,96% hoër verhandel.
  • Oekraïense amptenare het die naweek vergader met diplomate van 40 ander nasies in Saoedi-Arabië om beginsels te bespreek wat 'n toekomstige vredesooreenkoms met Rusland kan aandryf. 
  • Chinese amptenare het bygewoon, wat as 'n groot positiewe beskou word omdat hulle wêreldwyd soveel invloed het.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R3/ton (+0,05%) geklim en teen R6 580/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R34/ton geklim en gesluit teen R6 579/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.