Agriculture
Landbounuus: Grondbelasting in Tokologo-distrik met sowat 400% verhoog─── ELSABÉ RICHARD 11:15 Wed, 09 Aug 2023
Boere van die Tokologo-distrik, wat Boshof en Hertogzville insluit, se grondbelasting word in die huidige finansiële jaar met sowat 400% verhoog.
Die VF Plus se Willie Weich sê hulle beskou dié verhoging as onrealisties en onaanvaarbaar.
Samewerking tussen boere en polisie van Smithfield het veediefstal help bekamp. Vyf verdagtes is aangekeer nadat tien gesteelde skape in hul besit gevind is. Vrystaatse polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê Operasie Shanela lei tot suksesse, waaronder die inhegtenisneming van tientalle verdagtes vir verskeie misdade.
Suid-Afrika maak gereed vir warmer en droër El Niño-weerstoestande, tesame met risiko's verbonde aan beurtkrag. FNB se Dawie Maree maan boere om intussen die nodige maatreëls te tref om risiko's soos veldbrande gedurende hierdie tyd te versag.
EN
Vroue speel 'n deurslaggewende rol in landbou. Hul toewyding, vasberadenheid en leierskap dra by tot 'n veerkragtige en innoverende landbougemeenskap. Die Noord-Kaapse Departement van Landbou en Omgewingsake vier vrouemaand deur die bydraes van vroue in onder meer omgewingsbewaring uit te lig. Amptenare in die Namakwa-distrik vat hande met die gemeenskap en is aktief besig om gebiede langs die kus in Port Nolloth op te ruim. Die departement se tema vir vanjaar se Vrouedag-vieringe is “Versnelling van sosiaal-ekonomiese geleenthede vir vrouebemagtiging”.
