On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Plaasaanval gefnuik by Brits

───   ELSABÉ RICHARD 14:22 Thu, 10 Aug 2023

Landbounuus: Plaasaanval gefnuik by Brits | News Article
FOTO: Micah Boerma/Pexels.

’n Plaasaanval is vandeesweek gefnuik by Brits in Noordwes.

Vier vermeende aanvallers is Dinsdagaand vasgetrek en gesteelde goedere teruggevind toe AfriForum se buurtwag ’n noodoproep via sy radionetwerk ontvang het oor ’n plaasaanval. AfriForum-gemeenskapsveiligheid woordvoerder, Jacques Broodryk, waarsku misdadigers moet ligloop.

Juliemaand was die warmste maand op rekord. Hittegolwe en veldbrande maak die laaste tyd opslae in Noord-Amerika en Europa. Verwoestende veldbrande is ook in dele van Suid-Afrika aangemeld. VN sekretaris-generaal Antonio Guterres het olangs gesê die aarde verwarm nie meer nie, dit kook. 

Intussen waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens dat gunstige veldbrandtoestande vandag oor dele van die Noord-Kaap heers. Dit sê toestande is so dat die brandgevaar-indeks bo 75 is. Onder hierdie toestande kan brande vinnig ontwikkel en versprei wat skade aan eiendom en moontlike verlies van mense- en/of dierelewe tot gevolg kan hê.

Vrouemaand-vieringe duur landwyd voort. 'n Projek - 1 000 stories, 100 000 bome - is van stapel gestuur op Hoopstad in die Vrystaat deur die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing. Dit wil vroue op die platteland bemagtig deur storievertelling, boomplanting en voedseltuine, in die gees van die : Versnelling van sosiaal-ekonomiese geleenthede vir die bemagtiging van vroue. Adjunkminister Makhotso Sotyu het die belangrikheid van vroue se deelname beklemtoon en sê die inisiatief se doelwit is om 'n mikro-informele mark te vestig.

Vetkoeie word vir tot R30 'n kilograam in Namibië verkoop. Suid-Afrika kan dit nie behaal nie, omdat naspeurbaarheid 'n uidaging bly. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, sê die plaaslike prys van vetkoeie styg wel namate hulle skaarser word. Hy bring ons op hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.

EN

Die Bloemskou datum is vasgemaak vir 2024 en beloof weer 'n vol program vir boere en hul mense. Bloemskou uitvoerende hoof, Elmarie Prinsloo, sê ná 140 jaar is Bloemskou steeds die toonvenster van topklas stoetvee en genetika. Die skou word aangebied van 25 April tot 4 Mei. Vanjaar se tema is ’Om die wêreld’.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.