On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 11 Aug 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Phat Nguy/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het Woensdag swakker verhandel en Donderdagoggend 0,25% laer oopgemaak.
  • Soos vertroue in die Amerikaanse oes se kwaliteit groei en 'n gunstige vooruitsig vir Suid-Amerikaanse opbrengste vorm, neem die langtermynperspektief vir mielies 'n afwaartse ondertoon.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R21/ton (-0,58%) gedaal en teen R3 610/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R10/ton (-0,27%) gedaal en teen R3 635/ton gesluit.

Sojabone:

  • In teenstelling met mielies het die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand Donderdagoggend 'n styging van 1,20% getoon.
  • Private uitvoerders het aan die USDA hul voorneme gekommunikeer om 233 680 ton se sojabone aan China te verkoop, met aflewering geskeduleer vir die 2023/24-bemarkingsjaar wat vanaf 1 September begin. 
  • Dit is merkwaardig nadat China groot hoeveelhede van hul uitvoere vanaf Amerika hierdie seisoen gekanselleer het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met sterk opwaartse tendens verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R112/ton (+1,25%) geklim en teen R9 080/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend weer aansienlik laer verhandel en met 3,41% gedaal.
  • Koringpryse het gedaal namate handelaars begin posisioneer het voor Vrydag se World Agricultural Supply and Demand Estimates-verslag (WASDE). 
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R57/ton (+0,86%) geklim en teen R6 669/ton gesluit. Die September 2023 kontrak het met R75/ton geklim en gesluit teen R6 685/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.  

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.