Agriculture
Landbounuus: Plaasaanvalle en -moorde bring voedselsekerheid in gedrang─── ELSABÉ RICHARD 15:32 Tue, 15 Aug 2023

Die regering moet begin besef plaasaanvalle en -moorde ruk nie net gesinne en gemeenskappe uitmekaar nie, dit bring ook die hele land se voedselsekerheid in gedrang.
Dié misdade laat ook werkloosheid toeneem wanneer werkgewers om die lewe gebring word. Vrystaatse VF Plus-leier, Jan van Niekerk, sê die toename in plaasaavalle is kommerwekkend.
Hy loof die boeregemeenskap, Kroonstad, Koppies en Edenville se polisie, en 'n plaaswerker vir hul samewerking toe hulle die afgelope naweek die 73-jarige Rita Jordaan bygestaan het ná 'n plaasaanval.
Intussen gaan dit onder die omstandighede goed met Jordaan nadat sy Saterdagoggend aangeval is in haar plaashuis by Heuningspruit, distrik Kroonstad. Sy het 3,5 km ver kaalvoet geloop na die buurplaas om hulp te kry. Dit is waar die bure se plaaswerker haar gevind het en onder ’n katbos weggesteek het om haar veilig te hou. Sy het Saterdagoggend uitgegaan om haar ganse kos te gee. toe twee mans haar in die waskamer ingewag het.
Die Agri Securitas-trustfonds het byna R2 miljoen geskenk aan 29 landbou-organisasies en provinsiale affiliasies om veiligheidsprojekte op die platteland te help finansier. Agri SA sê gemeenskappe het frustrasie uitgespreek oor wat hulle beskou as onvoldoende optrede deur die polisie om plaasaanvalle en landelike misdaad hok te slaan. Boere en plaaswerkers is veral kwesbaar vir misdaad, wat dikwels met geweld gepaardgaan.
Die vraag na speenkalwers is kleiner in Namibië as in Suid-Afrika. Die Universiteit van die Vrystaat se Frikkie Maré skryf dit toe aan die tekort aan voerkrale en omdat Namibië nie groeihormone mag gebruik nie. Produsente rond ook self hulle diere af.
EN
Die kinders se liefde vir landbou kan op uiteenlopende maniere aangewakker word. Een is om hulle betrokke te maak by daaglike takke op die plaas. Só sê Marné Lessing, die vrou van Vrystaat Landbou se 2023 Jongboer van die Jaar, Lukas. Hulle boer op 'n plaas by Marquard met lewendehawe en gewasse.