Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 17 Aug 2023

FOTO: lil artsy/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n sterk afwaartse tendens van ongeveer 2,44% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die afwaartse neigings kan toegeskryf word aan die opwaartse gradering van die Amerikaanse mielie-oes, tesame met gunstige weersomstandighede oor die afgelope paar weke.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met ‘n algemeen afwaartse tendens verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R19/ton (-0,53%) gedaal en teen R3 555/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R12/ton (-0,33%) gedaal en teen R3 580/ton gesluit.
- Verlede week het produsente 217 272 ton se witmielies gelewer aan kommersiële silo’s, en dus die totale witmielie lewerings vir hierdie seisoen gebring na ‘n totaal van 7,21 miljoen ton vir die huidige seisoen.
- Dit maak 83,5% uit van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se verwagte oes vir hierdie seisoen.
- Verlede week het produsente 145 839 ton se geelmielies gelewer aan kommersiële silo’s, en dus die totale geelmielie lewerings vir hierdie seisoen gebring na ‘n totaal van 6,16 miljoen ton vir die huidige seisoen. Dit maak 79,8% uit van die NOK se verwagte oes vir hierdie seisoen.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n sterk afwaartse tendens van ongeveer 4,9% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R6/ton (+0,06%) geklim en teen R9 270/ton gesluit. Die Maart 2024 kontrak het met R18/ton gedaal en teen R9 386/ton.
- Verlede week het produsente 3 247 ton se sojabone gelewer aan kommersiële silo’s, en dus die totale sojaboon lewerings vir hierdie seisoen gebring na ‘n totaal van 2,63 miljoen ton vir die huidige seisoen. Dit maak 95,4% uit van die NOK se verwagte oes vir hierdie seisoen.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n sterk afwaartse tendens van ongeveer 2,86% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Dié prys het onder druk gekom weens seisoenale oes druk en die verwagte wêreldwye mededinging van koringuitvoere.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag ook met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R9/ton (-0,14%) gedaal en teen R6 651/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R9/ton geklim en gesluit teen R6 640/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.