Agriculture
Landbounuus: Werkloosheid skrikwekkend hoog in Noord-Kaap─── ELSABÉ RICHARD 13:55 Thu, 17 Aug 2023
Die Noord-Kaap is 'n mineraalryke provinsie en het belowende landbouverwerkingspotensiaal, maar werkloosheid bly skrikwekkend hoog.
Statistieke SA het vandeesweek indiensneming statistieke bekend gestel, wat 'n somber prentjie skets van die land se werkloosheid. DA Noord-Kaap woordvoerder oor Finansies, Fawzia Rhoda, sê die provinsiale regering kan, ondanks talle spoggerige strategieë, nie die provinsie se landboupotensiaal omskep in werksgeleenthede nie.
Een plaasaanval is een te veel. Dit is Vrystaat Landbou-veiligheidsrisiko-ontleder, Jane Buys, se reaksie ná aanvalle en –moorde op boere en hul werkers die laaste vtyd. Sy sê ‘n ontleding oor 'n tydperk van agt jaar toon plaasaanvalle het van Junie tot Augustus en weer Oktober tot Desember toeneem.
Die regering het verskeie fonds-opsies beskikbaar om boere te help belê in alternatiewe energiebronne. Dit kan die land se kragkrisis help verbeter. Agri Noord-Kaap-president, Nicol Jansen, sê een hiervan is die Agro-Energiefonds, wat deur die Landbank bestuur sal word.
Bestuurders van voertuie soos trekkers word aangeraai nie die spoedperk te oorskrei om dwarswindverwante ongelukke te vermy. sterk winde duur voort in Sentraal-Suid-Afrika. Mangaung Metro waarsku veldbrande kan maklik versprei en maan inwoners om nie oop vure gedurende hierdie tyd te maak nie. Die SA weerdiens het intussen gewaarsku die brangevaar index is bo 75, wat kan lei tot groot skade as veldbrande onder dié toestande ontstaan en versprei.
EN
Die bokmark bly stabiel namate skaap- en beespryse week-op-week wissel. Só sê Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf. Hy bring ons op die hoogte van die lewendehawepryse per kilogram.
