Agriculture
Wat is nuut in Farmer's Weekly?─── ELSABÉ RICHARD 09:05 Fri, 18 Aug 2023
Terwyl 'n Brics-geldeenheid nie op die top-agenda in Suid-Afrika is nie, sal Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika einde Augustus praat oor maniere om plaaslike valutahandel te verdiep.
Dit is om onder meer minder afhanklik van die Amerikaanse dollar te wees, sê dr. Anil Sooklal, BRICS-verteenwoordiger in Suid-Afrika.
Oor die afgelope maande was daar gesprekke oor die gebruik van 'n gemeenskaplike geldeenheid as 'n manier om inter-BRICS-handel te bevorder en die dollar-omskakelingskoste van internasionale transaksies uit te skakel.
Dawie Maree, FNB se hoof van inligting en bemarking, het aan Farmer's Weekly gesê dat nie 'n oorskakeling na plaaslike valuta-handel, óf na 'n streeksgeldeenheid voordele vir die Suid-Afrikaanse landbousektor inhou nie.
Dit, aangesien die meeste pryse van landboukommoditeite, -insette en -implemente afkomstig is van internasionale pryse. Byna 90% van die bogenoemde is dollar-gebaseerd.
Lewendehawe-inenting
Konsekwente lewendehawe-inenting kan wins verhoog en diereproteïen meer volhoubaar maak, volgens nuwe navorsing. Suid-Afrika se trae inentingsrekord belemmer egter nie net produksie nie, maar geleenthede vir groter uitvoer.
Die verslag, gepubliseer deur Oxford Analytica en World Organisation Health for Animals, toon dat indien wêreldwye inentingsyfers 60% vir beeste bereik, die bedryf 'n 50%-toename in produktiwiteit sal sien.
Varkvleisbedryf
Suid-Afrika se varkvleisbedryf het 'n paar moeilike jare deurgemaak aangesien markpryse by tye onder produksiekoste verhandel het.
Dr. Peter Evens, wat onlangs aangewys is as die nuwe hoof uitvoerende beampte van die bedryfsliggaam, die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (SAPPO), sê hy hoop om die gety om te keer deur die waarde-aanbod van varkvleis aan verbruikers te verhoog.
Evans is as 'n gevestigde lid van die SAPPO-span beskou. Hy bring 'n magdom ervaring as 'n bekende leier in dieregesondheid.
Hy was ook deurslaggewend in die ontwikkeling van Pork 360, asook die opstel van verskeie intervensies om die volhoubare groei van die bedryf moontlik te maak.
