On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Optrede van Vrystaatse polisie veroordeel ná boer se inhegtenisneming

───   ELSABÉ RICHARD 13:43 Fri, 18 Aug 2023

Landbounuus: Optrede van Vrystaatse polisie veroordeel ná boer se inhegtenisneming | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

AfriForum veroordeel die optrede van die polisie ná die inhegtenisneming van ’n Vrystaatse boer toe hy onbekende mans op sy plaas konfronteer.

Die vermeende betreders was besig om onwettig gruis uit te haal. AfriForum se Lambert de Klerk sê die mans is werknemers van die mynmaatskappy Alberto Road Markings and Civils en het na bewering bande met die omstrede voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule.

Omgewingsgroepe is bekommerd oor die magting aan Rhino Oil and Gas Exploration om tot 40 eksplorasieboorgate in die Vrystaat te boor oor ’n gebied van meer as 750 000 hektaar. Die eksplorasiegebied bestaan hoofsaaklik uit privaat grond en plase in die omgewing van onder meer Bothaville, Viljoenskroon en Welkom, asook Wolmaransstad in Noordwes. 

Die maatskappy soek helium, waterstof en koolwaterstowwe, oftewel olie en gas. Die Treasure Karoo Action Group waarsku intussen dat die nodige kritieke grondwaterbasislynstudies heel waarskynlik nie sal plaasvind nie.

Suid-Afrika se trae inentingsrekord belemmer nie net produksie nie, maar geleenthede vir groter uitvoer. Nuwe navorsing toon konsekwente inenting van lewendehawe kan winste verhoog en diereproteïen meer volhoubaar maak. Farmer's Weekly se Janine Ryan sê die navorsing toon verder dat indien wêreldwye inentingsyfers 60% vir beeste bereik, die bedryf 'n 50%-toename in produktiwiteit sal sien.

Sowat dertien vroue wat boer in die distrik Thabo Mofutsanyana het die munisipaliteit verteenwoordig by die eerste Jaarlikse Vroue in Landboubesigheidsberaad. Die geleentheid het plaasgevind op Edenville by die Sernic-plaas waar die vroue hul talente ten toon te gestel het.

EN 

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die Wes-Kaapse regering 'n oorkonde oorhandig aan georganiseerde landbou vir hul bydrae tot die opheffing van die gemeenskap. Agri Wes-Kaap-hoof uitvoerende bestuurder, Janie Strydom, het vandeesweek tydens die organisasie se jaarkongres gesê hulle voel bevoorreg om erkenning te kry vir hul harde werk.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.