On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Gauteng-departement se syfers van finansiële misdrywe uitstaande

───   ELSABÉ RICHARD 14:26 Mon, 21 Aug 2023

Landbounuus: Gauteng-departement se syfers van finansiële misdrywe uitstaande | News Article

Sowat twee derdes van Gautengse provinsiale amptenare op posvlakke twee tot agt maak hulle skuldig aan finansiële misdrywe, maar dié syfer kon selfs hoër gewees het as die landboudepartement se syfers volledig was.

Gauteng se regering kon in die 2021/22-boekjaar net 8% van R65 miljoen se verlore geld verhaal van amptenare wat skuldig bevind is aan bedrog. Die VF Plus in Gautreng sê die verslag handel egter net oor vier departemente, naamlik gesondheid, e-regering, onderwys en landbou, wat nie aangedui het hoeveel van sy amptenare vervolg is nie.

Die polisie misluk klaaglik daarin om misdaad in Suid-Afrika te bekamp. TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl sê Suid-Afrikaners gaan nie veel langer toelaat dat dit voortgaan nie. Hy sê die misdaadstatistiek, hoe onakkuraat ookal, is onaanvaarbaar. Van Zyl meen weldeurdagte besluite by die stembus asook die teenstaan van wetgewing kan Suid-Afrikaners van die swak bestuur van die land bevry.

’n Vrystaatse boer moet volgende maand voor die Bloemfonteinse streekhof verskyn nadat hy na bewering gepeuter het met Eskom se elektrisiteitsmeters. Die onwettige kragverbindings is na bewering in 2016 aangelê, wat Eskom 'n verlies laat ly het van byna R2 miljoen. 

Die polisie is op soek na verdagtes wat skape en bokke van  R320 000 die naweek gesteel het tydens 'n gewapende rooftog by Marble Hall. Limpopo-polisie sê die 79-jarige boer het Saterdag geslaap toe ’n groep mans hom na buite geroep het onder die voorwendsel dat hulle ’n dief agtervolg het wat glo die plaas betree het. Toe hy oopmaak, het hulle hom vasgebind. Nóg 'n groep mans het opgedaag en byna 70 bokke en 40 skape gelaai en gevlug van die toneel.

EN Die 2023/24-wolseisoen het verlede week begin met 'n aanbod van net meer as 8 000 bale, nadat byna 2 130 bale voor die veiling onttrek is. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.