On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Regering kan Noord-Kaapse landbou help groei

───   ELSABÉ RICHARD 14:14 Thu, 24 Aug 2023

Landbounuus: Regering kan Noord-Kaapse landbou help groei | News Article
Van links na regs, Nasionale DA-leier, John Steenhuisen; DA-leier in die Noord-Kaap, Harold McGluwa, en DA-federale voorsitter en Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ivan Meyer.

Die potensiaal van landbou in die Noord-Kaap kan ontsluit word deur 'n regering wat die sektor se uitdagings verstaan.

Ivan Meyer, Wes-Kaapse landbouminister en DA-federale voorsitter, het Woensdag in Kimberley – toe die party sy premierskandidaat bekendgestel het – gesê die eerste stap, is die nuwe LUR vir landbou moet boere ondersteun.

Die ANC-regering moet begin besef plaasaanvallers is kleurblind. ’n Boer van Marble Hall in Limpopo is radeloos met die polisie se onvermoë om veeldiefstalsake op te los nadat hy die soveelste keer deurgeloop het. Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, sê David Ntaki is Saterdagaand op sy plaas aangeval toe gewapende rowers hom en 'n werker vasgebind en sy kamer deursoek het. Klere en sy selfoon is gesteel en die sleutels van sy kluis is by hom geëis. Skape en bokke is ook gesteel.

'n Organisasie sonder winsbejag het vandeesweek ’n protesoptog teen Brics gereël saam met ander burgerlike organisasies, veral teen China wat fossielbrandstowwe in Afrika wil ontgin. Earthlife Africa dring aan op die beskerming van die omgewing en kwesbare gemeenskappe in Afrika. 

Lewende skaapuitvoer per skip vorder goed. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, sê tot 60 000 skape word per vrag uitgevoer. Hy bring ons op hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.

EN

Derek Watts was nie net in lewe ’n groot man nie, maar ook as joernalis en mens. Sy afsterwe is ’n groot verlies vir joernalistiek in Suid-Afrika. TLU SA loof Watts vir die objektiewe benadering wat hy deurgaans gehandhaaf het en vir sy regverdige verslaggewing oor plaasaanvalle en ander landbounuus. 

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.