Click on the warning image to view this post
Agriculture
Landbounuus: Pietermaritzburg-egpaar wreed in plaashuis aangeval─── ELSABÉ RICHARD 14:45 Tue, 29 Aug 2023
Die volgende berig bevat inhoud wat sensitiewe luisteraars kan ontstel.
’n Egpaar van die distrik Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is wreed op hul plaas aangerand terwyl hul aanvallers na bewering “Kill the Boer, kill the Farmer” geskree het. AfriForum sê vier aanvallers het in die vroeë oggendure van 17 Augustus toegang verkry tot Tim en Amanda Platt se plaashuis. Sy is met ’n boutsnyer en loodpype geslaan, en met ’n spies gesteek. AfriForum se Jacques Broodryk sê terwyl haar man nog besig was om teen die aanvallers te baklei, het sy ontsnap en gewapen teruggekeer om haar man te red, maar die aanvallers reeds gevlug.

FOTO: Amanda Platt/AfriForum.
Intussen is Agri Noord-Kaap dankbaar minder plaasaanvalle en -moorde word in dié uitgestrekte provinsie aangemeld. Die organisasie se vorige president, Nicol Jansen, sê daar was wel gevalle waar boere op kleinhoewes aangeval is, maar glad nie tot die mate waarin byvoorbeeld Vrystaatse plase deurloop nie.
Die Bloemfonteinse dierebeskermingsvereniging werk onverpoosd om die pyn en lyding te verlig van diere wat beseer is in veldbrande. Die publiek word versoek om te bly bid vir boere en gemeenskappe wat enorme brandskade gely het.
Oor na veldbrande in Kanada: ’n Vierde groep van meer as 200 Working on Fire-brandbestryders uit Suid-Afrika is ontplooi in Kanada. Die Kanadese inter-agentskap Bosbrand Sentrum het die span brandbestryders versoek om na die provinsie Brits-Columbië ontplooi te word, aangesien brande daar voortwoed. Die departement van bosbou, visserye en die omgewing sê Kanada beleef sy ergste veldbrandseisoen in die geskiedenis, met talle brande wat oor verskeie provinsies brand.
EN
Die Noord-Kaapse Landbou-LUR het op Kuruman eer betoon aan vroue wat 'n die spore trap in dié sektor. Dié geleentheid is deel van Vrouemaand-vieringe, waar hulle gebring word aan vroue wat hul spiere bult in die stryd teen armoede. Die departement wil so ook bydra tot sy strategiese doelwit om meer vroue na die landbou te lok.
