On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 08:01 Fri, 01 Sep 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
FOTO: Elina Sazonova/Pexels.

Die lewendehawebedryf het merkwaardige groei getoon, maar die toekoms is egter onduidelik.

Dit kan toegeskryf word aan beurtkrag en gedempte vraag na rooivleis.

Sindira Chetty, digitale redakteur by Farmer's Weekly, sê by die vrystelling van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se basislyn-landbouvooruitsigte vir 2023 tot 2032, het sprekers opgemerk dat groeiprojeksies vir die komende dekade op 'n mespunt balanseer.

Dr. Tracy Davids, direkteur en bestuurder van kommoditeitsmarkte en vooruitskouing by BFAP, sê die huidige energiekrisis het intensiewe voerbedrywighede ernstig geraak.

In plaas daarvan om in verbeterde tegnologie te belê en bedrywighede uit te brei, belê boere in alternatiewe elektrisiteitsopwekking om produksie aan die gang te hou.

Wortels 

Farmer's Weekly fokus ook vandeesweek op die basiese beginsels vir die groei van die perfekte wortel. Dit gee wenke en advies vir grondvoorbereiding, plant en algemene wortel-siektes.

Chetty verduidelik dat wortels 'n lang geskiedenis van verbouing het, tot sover terug as die antieke beskawings. 

Die groente is nie oorspronklik vir hul wortels gekweek nie, maar eerder vir hul aromatiese blare en sade. In die vroeë jare het dit ook 'n dun wit wortel gehad, en was heel anders as die oranje variëteite waarmee ons vandag bekend is.

Uieproduksie

Die landboutydskrif verskaf ook ’n gids vir uieproduksie. Chetty sê vir millennia het uie 'n beduidende en kulturele rol gespeel. Deur die eeue het uieverbouingstegnieke verbeter en verskeie uievariëteite is ontwikkel.

Vandag is daar talle uietipes, insluitend rooi, geel, wit en soet uie. So, hierdie is 'n handige gids vir kleinskaalse boere wat groenteproduksie wil begin.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.