Agriculture
Tweede en derde wolveilings gehou─── ELSABÉ RICHARD 15:08 Fri, 01 Sep 2023
Beide die tweede en derde wolveilings van die 2023/24-seisoen het vandeesweek plaasgevind.
Beide die tweede en derde wolveilings van die 2023/24-seisoen het vandeesweek plaasgevind.
Tweede wolveiling
Op die tweede wolveiling op Woensdag 29 Augustus, is 'n klein volume van net minder as 4 900 bale aangebied.
Cape Wools SA berig die mark het steeds negatiewe druk ervaar, met die sterker Suid-Afrikaanse geldeenheid wat verder bygedra het tot die moeilike handelsomgewing.
Die nie-gesertifiseerde aanwyser het met 5,5% gedaal om op R149,45 p/kg te sluit, terwyl die gesertifiseerde aanwyser met 6% gedaal het om op R162,37 p/kg te sluit. 'n Algehele verkoopsklaring van 88,2% is behaal.
Die Australiese mark het effens hoër verhandel met 0,8% (AU$) vanaf hul vorige veiling wat op Woensdag 23 Augustus gehou is.
Die groot kopers was G Modiano SA (931), Tianyu SA (751), Standard Wool SA (662) en Stucken & Co (445).
Derde wolveiling
Die derde wolveiling van die 2023/24-seisoen het ook begin met 'n klein aanbod van 5 101 bale.
Nog 'n groot persentasie gesertifiseerde volhoubare wol is aangebied, wat 68% van die merinowol wat aangebied is, uitmaak.
'n Algehele verkoopsklaring van 86,8% is behaal.
Die nie-gesertifiseerde aanwyser het met 0,5% gesluit om op R150,25 p/kg te sluit, terwyl die gesertifiseerde aanwyser effens met 0,2% afgeneem het om op R162,10 p/kg te sluit.
OVK-wolveiling:
