On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 04 Sep 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n marginale afwaartse tendens, wat ongeveer 0,13% laer as die vorige verhandelingsdag was.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met ‘n effense opwaartse tendens verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R73/ton (+2,04%) geklim en teen R3 657/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R63/ton (+1,76%) geklim en teen R3 640/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys het Vrydag verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 1,53% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R4/ton (+0,04%) geklim en teen R9 540/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R3/ton geklim en teen R9 641/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n marginale afwaartse tendens van ongeveer 0,62% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R58/ton (-0,90%) gedaal en teen R6 374/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R46/ton gedaal en gesluit teen R6 115/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.