Agriculture
Botterskorsie-koffie – ’n kleindogter se liefde vir haar oupa─── ELSABÉ RICHARD 08:30 Mon, 11 Sep 2023
Die gesegde "aanhouer wen" skyn so helder soos daglig wanneer 'n mens na Chantelle de Bruyn se storie luister van hoe sy, ná die soveelste besigheidsidee, uiteindelik iets geskep het wat nie net vir haarself trots maak nie, maar ook haar oupa.
Buttercup Farmhouse is die breinkind van Chantelle de Bruyn – 'n passievolle landbouer van Bloemfontein.
Die idee vir botterskorsie-koffie het 'n paar jaar gelede ontstaan nadat haar geliefde oupa 'n nierinfeksie opgedoen het omdat hy te veel kafeïen oor die jare ingeneem het.
De Bruyn sê dié ongewone koffie het aanvanklik skeptisisme gewek by mense, maar nadat hulle 'n sluk geneem het, het hulle hele persepsie verander.
Gemeenskapsprojekte
De Bruyn sê Buttercup Farmhouse glo in die bemagtiging van ander boere en veral vroue in landbou, daarom verkry hulle botterskorsies plaaslik.
Maar omdat die besigheid so vinnig groei en die potensiaal vir uitvoer goed lyk, sal hulle botterskorsies uit ander provinsies ook moet kry.

Topco-vrouebemagtigingsgeleentheid by Sun City.
Ongewone besigheidsidees
"Mense gaan altyd praat of jy 'n goeie besigheidsidee het of nie ... "
"Omring jouself met mense wat dit reeds in 'n innoverende ruimte doen. Kom in kontak met mense wat goeie verhoudings met belanghebbendes het," is De Bruyn se reaksie op die vraag 'Watter advies het jy vir mense wat 'n ongewone besigheidsidee het en wat bang is om dit aan te pak?'
Sy het nie net 'n ongewone besigheidsidee nagejaag nie, maar 'n pad geskep wat ander kan volg. Laat Buttercup Farmhouse jou herinner dat jou visie nie onbereikbaar is nie.
