On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 05 Sep 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Los Muertos Crew/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het oor die naweek verhandel teen ‘n marginale opwaartse tendens, wat ongeveer 0,74% hoër as die vorige verhandelingsdag was.
  • Die 2023/2024-bemarkingseisoen vir Amerikaanse mielies en sojabone het verlede Vrydag afgeskop, wat die begin is van 'n belangrike landboutydperk.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met ‘n effense opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R10/ton (+0,27%) geklim en teen R3 662/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R10/ton (+0,27%) geklim en teen R3 649/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys het oor die naweek verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 0,28% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R37/ton (-0,39%) gedaal en teen R9 500/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R23/ton gedaal en teen R9 618/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys het oor die naweek verhandel teen ‘n marginale afwaartse tendens van ongeveer 0,98% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • In Argentinië is die winterkoringoes negatief beïnvloed deur langdurige droë toestande. 
  • Boonop het kommer in Kanada en Australië ontstaan as gevolg van oesverliese wat veroorsaak word deur somerdroogtes en veldbrande in Kanada en El Niño-verwante droogtestres in Australië.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R196/ton (+3,08%) geklim en teen R6 550/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R11/ton geklim en gesluit teen R6 280/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.  

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.