On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Ryp in dele ervaar, droogte lê voor

───   ELSABÉ RICHARD 14:30 Thu, 07 Sep 2023

Ryp in dele ervaar, droogte lê voor | News Article
FOTO: Fox/Pexels.

Ons ervaar hierdie winter konstante lae temperature oor groot dele van die land, veral die sentraal na suidelike dele, wat die OFM-uitsaaigebied insluit.

Verder noord is dit heelwat warmer, maar sporadiese temperatuurdalings vind ook plaas.

Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê ryp het vandeesweek in die Vrystaat en die Benede-Oranjerivier voorgekom – 'n tendens wat nog vir die voorsienbare toekoms sal voortduur.

"Daar is minstens nog drie of vier frontale stelsels wat in die volgende paar weke gaan deurkom en reën in die Wes-Kaap veroorsaak, maar nog steeds temperatuurdalings verder noord.

“Dit is nie noodwendig dat dit gaan ryp veroorsaak nie, maar die kans is daar en veral ons plante begin bot – ‘n baie kritieke groeistadium,” sê hy.

Seisoenale vooruitsigte: September 2023 tot Januarie 2024

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die El Niño-Suidelike Ossillasie (ENSO) in 'n El Niño-staat.

ENSO se tipiese invloed op Suider-Afrika is oor die algemeen droër en warmer toestande van Oktober tot Maart. 

Huidige wêreldwye voorspellings dui op 'n groot mate van onsekerheid vir die tipiese droër toestande wat Suid-Afrika ervaar tydens 'n El Niño.

Wenke vir droeër tye vir besproeiingsboere

  • Verwyder alle onkruide wat sade bevat.
  • Herstel alle gereedskap en masjinerie veral waar daar waterlekke is.
  • Wees bewus van die stand van streekswaterbronne en of dit voldoende sal wees vir besproeiing.
  • Tydsberekening van besproeiing – eerder laatmiddag of vroegaand om verdamping te verminder.
  • Bestuur besproeiing sodat die plant net water ontvang wanneer dit nodig is.
  • Oorweeg dit om drupbesproeiing te gebruik aangesien dit water bespaar deur dit stadig, reguit na die wortels te laat drup.
  • Vermy oorbesproeiing, want dit kan probleme veroorsaak, bv. versuipskade en siektes.
  • Hou by waterbeperkings wanneer dit uitgereik word.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.