On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Merino-vagwol verkoop goed tydens vierde wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 08:32 Fri, 08 Sep 2023

Merino-vagwol verkoop goed tydens vierde wolveiling | News Article
FOTO: Cape Wools SA/Facebook.

Die vierde wolveiling van die 2023/24-seisoen het hierdie week plaasgevind, waar meer as 1 500 bale by OVK se veiling aangebied is.

Sien onderstaande PODCAST

Junior wolwaardeerder by OVK, Juan Venter, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,9% vir nie-RWS en 2,2% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R153,07/kg en R165,74/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 1 546 bale aangebied, waarvan 91,85% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R226/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CH van 15.6 mikron, uit die skeersel van WA Nolte, vanuit die Victoria Wes-distrik.

“Die koper was G Modi Standard Wool SA,” deel Venter.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.